click below
click below
Normal Size Small Size show me how
Lewenswetenskappe v1
Lewenswetenskappe vraestel 1 eksamen voorbereiding
| Question | Answer |
|---|---|
| 'n alleel in 'n heterosigotiese toestand gevind wat nie in die fenotiepe getoon word nie | Resessiewe |
| Chromosoom buite die geslagschromosome | Outosome |
| Die produksie van geneties identiese organismes met die gebruik van biotegnologie | Kloning |
| Meer as twee haploiede stelle chromosome wat in die selle van 'n organisme gevind word | Poliploiedie |
| Die oordrag van 'n geselekteerde geen van een organisme na 'n ander | Genetiese modifikasie |
| 'n Veranderlike wat tydens 'n ondersoek gemanipuleer word | Onafhanklike veranderlike |
| Al die gene van 'n spesifieke spesie | Genoom |
| Die posisie van 'n geen op 'n chromosoom | Lokus |
| Die algehele verdwyning van 'n spesie vanaf die Aarde | Uitwissing |
| 'n Rangskiking van swart balkies wat DNA-Fragmente voorstel, wat gebruik kan word om te bepaal of mense verwant is | DNA- Profiele |
| Struktuur in die spermsel wat ensieme bevat wat die membraan van die ovum afbreek | Akrisome |
| Die vrystelling van ovum vanuit 'n follikel | Ovulasie |
| Die priode van bevrugting tot geboorte | Gestasie |
| Die buis wat die sperms van die testis na die uretra vervoer | Vas deferens |
| Hormoon vervaardig in vroue om melkproduksie te stimuleer | Prolaktien |
| 'n Chemiese stof wat ontwerp is om patogeniese bakterie dood te maak | Antibiotika |
| 'n Groep eenderse organismes wat kan voorplant / teel om vrugbare nageslagte te produseer | Spesie |
| 'n Opening op die primaatskedels waardeur die ruggraat gaan | Foramen mgnum |
| Verskillende vorme van 'n geen wat by dieselfde lokus voorkom | Alleel |
| 'n Seltoestand waar die nukleus 'n enkel stel chromosome bevat | Haploied |