click below
click below
Normal Size Small Size show me how
fisies
| Term | Definition |
|---|---|
| Normaalkrag | die krag of komponent van n krag wat n oppervlakte op n voorwerp waarmee dit in kontak is,uitoefen en wat loodreg op die opp is |
| Wrywingskrag | f-Die krag wat die beweging van n voorwerp teenwerk en wat parallel met die opp inwerk |
| behoud van lineêre momentum | Die totale lineêre momentum in n gesïsoleerde sisteem bly konstant |
| Arbeid verrig op n voorwerp | W=f^xcos£ |
| Arbeid-energiestelling | Die netto arbeid verrig op n voorwerp is gelyk aan die veranderinh in kinetiese energie van die voorwerp (Wnet=⚠️K) |
| Konserwatiewe krag Nie-konserwatiewe krag | -n krag waarvoor die arbeid verrig om n voorwerp tussen twee punte te beweeg,onafhankelik is van die roete wat gevolg word -N krag waarvoor die arbeid verrig om n voorwerp tussen twee punte te beweeg,afhanklik is van die roete wat gevolg word |
| beginsel van behoud van meganiese energie | Die totale meganiese energie in n geslote sisteem bly kontant |
| Doppler-effek | Die verandering in frekwensie van die klank waargeneem deur n luisteraar omdat die klankbron en die luisteraar verskillende snelhede relatief tot die medium waarin die klank voortgeplant word,het |
| Coulomb se wet | Die grootte van die elktrostatiese krag wat een puntlading(Q1) op n ander puntlading(Q2) uitoefen,is direk ewerdig aan die produk van die groottes van die ladings en omgekeerd ewerdig aan die kwadraat van die afstand(r) tussen hulle |
| Ohm se wet | Die potensiaaverskil oor n geleier is direk ewerdig aan die stroom in die geleier by konstante temp |
| Foto-elektriese effek | Die proses waardeur elektrone uit n metaaloppervlak vrygestel word wanneer lig van geskikte frekwensie invallend op die opp is |
| Drumpelfrekwensie | (fo)Die minimum frekwensie lig benodig om elektrone uit n sekere metaaloppervlakte vry te stel |
| Absorpsiespektrum | wanneer sekere frekwensies van elektromagnetiese straling,wat deur n stof beweeg,geabsorbeer word. |
| Emissiespektrum | Wanneer sekere frekwensies van elektromagnetiese straling uitgestraal word as gevolg van n atoom wat n oorgang van n hoër energietoestand na n laer energietoestand maak |