Chemiese verandering Word Scramble
|
Embed Code - If you would like this activity on your web page, copy the script below and paste it into your web page.
Normal Size Small Size show me how
Normal Size Small Size show me how
Question | Answer |
Definieer eksotermiese reaksie. | Dit is 'n reaksie wat energie vrystel aan die omgewing in die vorm van bv. hitte en lig. |
Gee voorbeelde van eksotermiese reaksies. | Kos wat verteer word. Enige verbrandings reaksie. Sure wat in water ioniseer. |
Is eksotermiese reaksies spontaan of nie-spontaan? | Spontaan. |
Definieer endotermiese reaksie. | Dit is 'n reaksie wat energie opneem sodat die reaksie kan plaasvind. |
Gee voorbeelde van endotermiese reaksies. | Fotosintese. Ys wat smelt. |
Is endotermiese reaksies spontaan of nie-spontaan? | Nie-spontaan |
Wat is entalpieverandering? | Dit is die verskil in die hoeveelheid energie wat opgeneem is om die bestaande bindings te breek en die energie wat afgegee word om nuwe bindings te vorm. |
Wat is aktiveringsenergie? | Dit is die minimum energie wat 'n reaksie benodig om te begin. |
Wat is Geaktifeerde kompleks? | Geaktifeerde kompleks is 'n tydlike hoëenergieke, onstabiele toestand tussen die reaktante en die produkte. |
Wat is 'n katalisator? | "n katalisator kan die tempo van 'n chemiese reaksie verander sonder om self daardeur verander te word. |
Wat is reaksietempo? | Reaksie tempo is 'n maatstaf van die chemiese verandering wat in 'n bepaalde tydsinterval plaasvind. |
Definieer reaksietempo. | Reaksietempo is die tempo van verandering in konsentrasie van die reaktante of die produkte. |
Stel die botsings teorie. | Deeltjies van verskillende stowwe MOET EERS MET MEKAAR BOTS VOORDAT DIT REAGEER. |
Slegs wat lei tot 'n reaksie? | Effektiewe botsings. |
Om effektief te bots moet... | Die deeltjies moet genoeg kinetiese energie hê sodat die energie gelyk of meer is as die aktiveringsenergie vir die reaksie. |
Faktore wat die reaksietempo beinvloed? | Aard van reaktante. Konsentrasie van reaktante. Temperatuur. Katalisator. |
Wat is 'n oop sisteem? | Van die stowwe ontsnap uit die sisteem. |
Wat is 'n geslote sisteem? | 'N sisteem waar die stowwe nie uit die reaksie kan ontsnap nie. |
Wat is Dinamiese chemiese ewewig? | Die tempo van verdamping = die tempo van die kondensasie; dit vind voortdurend plaas. |
Wat is 'n omkeerbare reaksie? | 'n Omkeerbare reaksie is waar produkte weer in oorspronklike reaktante opgebreek word. |
Wat is Le Chatelier se beginsel? | As die ewewig in 'n sisteem versteur word, sal die sisteem probeer om die ewewig te herstel deur die versteurende faktor teen te werk. |
Noem 3 faktore wat 'n invloed het op ewewig. | Konsentrasie. Temperatuur. Druk. |
Hoe beinvloed die konsentrasie die ewewig? | Verhoogde konsentrasie van reaktante bevoordeel die voorwaartse reaksie. Verhoogde konsentrasie van produkte bevoordeel die terugwaartse reaksie. |
Hoe beinvloed die temperatuur die ewewig? | Verhoogde temperatuur bevoordeel die endotermiese reaksie. Verlaagde temperatuur bevoordeel die eksotermiese reaksie. |
Hoe beinvloed die druk die ewewig? | Verhoogde druk bevoordeel die reaksie wat die minste molekules vorm. Verlaagde druk bevoordeel die reaksie wat die meeste molekules vorm. |
Deur wat word die ewewig in 'n oplossing beinvloed? | Konsentrasie en Temperatuur. |
Wat is oksidasie? | Dit is die proses waartydens elektrone afgegee word. |
Waar vind oksidasie plaas? | By anode. |
Wat is reduksie? | Dit is die proses waartydens elektrone opgeneem word. |
Waar vind reduksie plaas? | By katode. |
Waaruit word aluminium verkry? | Bauxiet. |
Wat bevat bauxiet? | Ysteroksiede, silikondioksied en titaniumdioksied. |
Wat is die funksie van die soutbrug? | Voltooi die stroombaan. Skei twee elektroliete. Vorm 'n pad/ verbinding vir elektrone. |
Created by:
Danel etsebeth
Popular Chemistry sets