click below
click below
Normal Size Small Size show me how
Chemiese verandering
| Question | Answer |
|---|---|
| Definieer eksotermiese reaksie. | Dit is 'n reaksie wat energie vrystel aan die omgewing in die vorm van bv. hitte en lig. |
| Gee voorbeelde van eksotermiese reaksies. | Kos wat verteer word. Enige verbrandings reaksie. Sure wat in water ioniseer. |
| Is eksotermiese reaksies spontaan of nie-spontaan? | Spontaan. |
| Definieer endotermiese reaksie. | Dit is 'n reaksie wat energie opneem sodat die reaksie kan plaasvind. |
| Gee voorbeelde van endotermiese reaksies. | Fotosintese. Ys wat smelt. |
| Is endotermiese reaksies spontaan of nie-spontaan? | Nie-spontaan |
| Wat is entalpieverandering? | Dit is die verskil in die hoeveelheid energie wat opgeneem is om die bestaande bindings te breek en die energie wat afgegee word om nuwe bindings te vorm. |
| Wat is aktiveringsenergie? | Dit is die minimum energie wat 'n reaksie benodig om te begin. |
| Wat is Geaktifeerde kompleks? | Geaktifeerde kompleks is 'n tydlike hoëenergieke, onstabiele toestand tussen die reaktante en die produkte. |
| Wat is 'n katalisator? | "n katalisator kan die tempo van 'n chemiese reaksie verander sonder om self daardeur verander te word. |
| Wat is reaksietempo? | Reaksie tempo is 'n maatstaf van die chemiese verandering wat in 'n bepaalde tydsinterval plaasvind. |
| Definieer reaksietempo. | Reaksietempo is die tempo van verandering in konsentrasie van die reaktante of die produkte. |
| Stel die botsings teorie. | Deeltjies van verskillende stowwe MOET EERS MET MEKAAR BOTS VOORDAT DIT REAGEER. |
| Slegs wat lei tot 'n reaksie? | Effektiewe botsings. |
| Om effektief te bots moet... | Die deeltjies moet genoeg kinetiese energie hê sodat die energie gelyk of meer is as die aktiveringsenergie vir die reaksie. |
| Faktore wat die reaksietempo beinvloed? | Aard van reaktante. Konsentrasie van reaktante. Temperatuur. Katalisator. |
| Wat is 'n oop sisteem? | Van die stowwe ontsnap uit die sisteem. |
| Wat is 'n geslote sisteem? | 'N sisteem waar die stowwe nie uit die reaksie kan ontsnap nie. |
| Wat is Dinamiese chemiese ewewig? | Die tempo van verdamping = die tempo van die kondensasie; dit vind voortdurend plaas. |
| Wat is 'n omkeerbare reaksie? | 'n Omkeerbare reaksie is waar produkte weer in oorspronklike reaktante opgebreek word. |
| Wat is Le Chatelier se beginsel? | As die ewewig in 'n sisteem versteur word, sal die sisteem probeer om die ewewig te herstel deur die versteurende faktor teen te werk. |
| Noem 3 faktore wat 'n invloed het op ewewig. | Konsentrasie. Temperatuur. Druk. |
| Hoe beinvloed die konsentrasie die ewewig? | Verhoogde konsentrasie van reaktante bevoordeel die voorwaartse reaksie. Verhoogde konsentrasie van produkte bevoordeel die terugwaartse reaksie. |
| Hoe beinvloed die temperatuur die ewewig? | Verhoogde temperatuur bevoordeel die endotermiese reaksie. Verlaagde temperatuur bevoordeel die eksotermiese reaksie. |
| Hoe beinvloed die druk die ewewig? | Verhoogde druk bevoordeel die reaksie wat die minste molekules vorm. Verlaagde druk bevoordeel die reaksie wat die meeste molekules vorm. |
| Deur wat word die ewewig in 'n oplossing beinvloed? | Konsentrasie en Temperatuur. |
| Wat is oksidasie? | Dit is die proses waartydens elektrone afgegee word. |
| Waar vind oksidasie plaas? | By anode. |
| Wat is reduksie? | Dit is die proses waartydens elektrone opgeneem word. |
| Waar vind reduksie plaas? | By katode. |
| Waaruit word aluminium verkry? | Bauxiet. |
| Wat bevat bauxiet? | Ysteroksiede, silikondioksied en titaniumdioksied. |
| Wat is die funksie van die soutbrug? | Voltooi die stroombaan. Skei twee elektroliete. Vorm 'n pad/ verbinding vir elektrone. |