Question | Answer |
Definieer eksotermiese reaksie. | Dit is 'n reaksie wat energie vrystel aan die omgewing in die vorm van bv. hitte en lig. |
Gee voorbeelde van eksotermiese reaksies. | Kos wat verteer word.
Enige verbrandings reaksie.
Sure wat in water ioniseer. |
Is eksotermiese reaksies spontaan of nie-spontaan? | Spontaan. |
Definieer endotermiese reaksie. | Dit is 'n reaksie wat energie opneem sodat die reaksie kan plaasvind. |
Gee voorbeelde van endotermiese reaksies. | Fotosintese.
Ys wat smelt. |
Is endotermiese reaksies spontaan of nie-spontaan? | Nie-spontaan |
Wat is entalpieverandering? | Dit is die verskil in die hoeveelheid energie wat opgeneem is om die bestaande bindings te breek en die energie wat afgegee word om nuwe bindings te vorm. |
Wat is aktiveringsenergie? | Dit is die minimum energie wat 'n reaksie benodig om te begin. |
Wat is Geaktifeerde kompleks? | Geaktifeerde kompleks is 'n tydlike hoëenergieke, onstabiele toestand tussen die reaktante en die produkte. |
Wat is 'n katalisator? | "n katalisator kan die tempo van 'n chemiese reaksie verander sonder om self daardeur verander te word. |
Wat is reaksietempo? | Reaksie tempo is 'n maatstaf van die chemiese verandering wat in 'n bepaalde tydsinterval plaasvind. |
Definieer reaksietempo. | Reaksietempo is die tempo van verandering in konsentrasie van die reaktante of die produkte. |
Stel die botsings teorie. | Deeltjies van verskillende stowwe MOET EERS MET MEKAAR BOTS VOORDAT DIT REAGEER. |
Slegs wat lei tot 'n reaksie? | Effektiewe botsings. |
Om effektief te bots moet... | Die deeltjies moet genoeg kinetiese energie hê sodat die energie gelyk of meer is as die aktiveringsenergie vir die reaksie. |
Faktore wat die reaksietempo beinvloed? | Aard van reaktante.
Konsentrasie van reaktante.
Temperatuur.
Katalisator. |
Wat is 'n oop sisteem? | Van die stowwe ontsnap uit die sisteem. |
Wat is 'n geslote sisteem? | 'N sisteem waar die stowwe nie uit die reaksie kan ontsnap nie. |
Wat is Dinamiese chemiese ewewig? | Die tempo van verdamping = die tempo van die kondensasie; dit vind voortdurend plaas. |
Wat is 'n omkeerbare reaksie? | 'n Omkeerbare reaksie is waar produkte weer in oorspronklike reaktante opgebreek word. |
Wat is Le Chatelier se beginsel? | As die ewewig in 'n sisteem versteur word, sal die sisteem probeer om die ewewig te herstel deur die versteurende faktor teen te werk. |
Noem 3 faktore wat 'n invloed het op ewewig. | Konsentrasie.
Temperatuur.
Druk. |
Hoe beinvloed die konsentrasie die ewewig? | Verhoogde konsentrasie van reaktante bevoordeel die voorwaartse reaksie.
Verhoogde konsentrasie van produkte bevoordeel die terugwaartse reaksie. |
Hoe beinvloed die temperatuur die ewewig? | Verhoogde temperatuur bevoordeel die endotermiese reaksie.
Verlaagde temperatuur bevoordeel die eksotermiese reaksie. |
Hoe beinvloed die druk die ewewig? | Verhoogde druk bevoordeel die reaksie wat die minste molekules vorm.
Verlaagde druk bevoordeel die reaksie wat die meeste molekules vorm. |
Deur wat word die ewewig in 'n oplossing beinvloed? | Konsentrasie en Temperatuur. |
Wat is oksidasie? | Dit is die proses waartydens elektrone afgegee word. |
Waar vind oksidasie plaas? | By anode. |
Wat is reduksie? | Dit is die proses waartydens elektrone opgeneem word. |
Waar vind reduksie plaas? | By katode. |
Waaruit word aluminium verkry? | Bauxiet. |
Wat bevat bauxiet? | Ysteroksiede, silikondioksied en titaniumdioksied. |
Wat is die funksie van die soutbrug? | Voltooi die stroombaan.
Skei twee elektroliete.
Vorm 'n pad/ verbinding vir elektrone. |