click below
click below
Normal Size Small Size show me how
Tuimeltrein
Hoofstuk 9
| Question | Answer |
|---|---|
| 1. Wat onthou Henri om aan te skakel voordat hy met Jakkals praat? | 1. Henri onthou om die opnemer aan te skakel. |
| 2. Waar steek Henri die selfoon weg? | 2. Hy steek die selfoon in die sysakkie van sy handsak. |
| 3. Waarom wil Henri hê die gesprek moet op video wees? | 3. Hy wil hê daar moet ’n video-opname van sy gesprek met Jakkals wees. |
| 4. Watter verskoning gebruik Henri vir die feit dat hy op sy foon besig is? | 4. Hy sê sy eks maak hom mal en dreig hom. |
| 5. Wat vertel Jakkals vir Henri oor sy vrou? | 5. Jakkals vertel dat sy vrou hom al lank met egskeiding dreig, maar hom dan weer terug wil hê. |
| 6. Hoe beskryf Henri Jakkals se tande? | 6. Hy beskryf Jakkals se tande as skewe, geel wegstaantande soos ’n hooivurk. |
| 7. Hoe beskryf Henri Jakkals se neushare? | 7. Hy sê Jakkals se neushare hang uit sy neusgate. |
| 8. Watter naam gee Jakkals vir homself? | 8. Hy sê sy naam is Adrianus. |
| 9. Hoe probeer Jakkals met Henri flankeer? | 9. Hy knipoog vir Henri en vra hom wat sy naam is. |
| 10. Met watter Marvel-karakter vergelyk Henri vir Jakkals? | 10. Henri vergelyk hom met Thanos. |
| 11. Wat vertel Henri vir Jakkals wat hy weet? | 11. Henri sê hy weet waar die drie voortvlugtige kinders is. |
| 12. Hoe verander Jakkals se gesigsuitdrukking wanneer Henri sê hy weet waar die drie voortvlugtiges is? | 12. Dit verander van slymerig-flirterig na bot-geskok. |
| 13. Wat doen Jakkals aan Henri se bo-arm? | 13. Jakkals gryp Henri se bo-arm baie hard, sodat sy vingers amper tot op die been druk. |
| 14. Wat belowe Henri om vir Jakkals te vertel as Jakkals die waarheid vertel? | 14. Henri belowe om vir hom te vertel waar die drie kinders is. |
| 15. Watter voorwaarde stel Henri voordat hy die kinders se ligging sal bekend maak? | 15. Jakkals moet belowe dat hy nie die kinders sal seermaak nie. |
| 16. Wat vra Jakkals of Henri van hom verwag om oor Izzie te sê? | 16. Hy vra of Henri wil hê hy moet lieg en sê dat hy Izzie geskiet het en dat die kinders onskuldig is. |
| 17. Wat dreig Jakkals om met Henri te doen? | 17. Hy dreig om Henri te laat opsluit omdat hy misdadigers help. |
| 18. Watter oplossing stel Henri voor om die drie kinders te help? | 18. Henri stel voor dat Jakkals sê hy het ná deeglike oordenking besef dat die skieter in sy eie erf gestaan het. |
| 19. Waarom kry Henri ’n hoofpyn terwyl hy met Jakkals praat? | 19. Sy asemhaling is te vlak en hy kry te min suurstof, wat tot die hoofpyn bydra. |
| 20. Wat sê Jakkals oor die drie kinders se betrokkenheid by ’n tweede lyk? | 20. Hy sê daar is nog ’n lyk wat hulle agtergelaat het. |
| 21. Waar is die tweede lyk volgens Jakkals? | 21. Die tweede lyk is in die drawwers se klubhuis. |
| 22. Watter bewys sê Jakkals bestaan teen die drie kinders? | 22. Daar is ’n video-opname wat wys dat die drie kort ná die moord op ’n motorfiets met ’n sykar van die toneel af vlug. |
| 23. Wat gebruik Henri om homself teen Jakkals te verdedig? | 23. Hy gebruik pepersproei. |
| 24. Wie slaan Jakkals met ’n swart handsak? | 24. Ouma Linah slaan Jakkals met die swart handsak. |
| 25. Wie is die persoon wat die handsak gebruik? | 25. Dit is Ouma Linah. |
| 26. Watter dier hou Ouma Linah in haar arm? | 26. Sy hou Kollenel, die pug, in haar arm. |
| 27. Wat gebeur met Jakkals nadat hy met die handsak geslaan is? | 27. Hy word in die gat van die graf ingeslaan en val met sy gesig eerste daarin. |
| 28. Wie keer dat Henri in die graf val? | 28. Scooby keer dat Henri in die graf val. |
| 29. Hoe reageer Henri nadat Scooby hom gered het? | 29. Henri raak oombliklik verlief op Scooby as sy held. |
| 30. Waarheen stuur Scooby vir Henri en die ander twee? | 30. Scooby stuur hom in die rigting van die Fiat. |
| 31. Wat gebeur met Henri nadat hulle in die Fiat wegtrek? | 31. Henri word oorweldig deur die adrenalien en sukkel om asem te haal. |
| 32. Watter oefening gee Abby vir Henri om hom te help kalmeer? | 32. Sy laat hom haar vingers tel en diep in- en uitasem. |
| 33. Wat dink Henri ruik hy in die motor? | 33. Hy dink hy ruik dood. |
| 34. Wat is die werklike rede vir die reuk aan hulle klere? | 34. Dit is eintlik die mottegif aan hulle klere. |
| 35. Wat gebeur wanneer Henri en Abby siek word? | 35. Henri en Abby braak langs die motor. |
| 36. Waarom begin Henri en die ander twee later lag? | 36. Hulle lag uit verligting, spanning en totale angs nadat hulle aan die graf-voorval dink. |
| 37. Wat sê Jasper van Henri se optrede by die graf? | 37. Jasper sê Henri was briljant/onverbeterlik, al het hy niks incriminerends opgeneem nie. |
| 38. Wat sê Henri het amper met sy hoë hakke gebeur? | 38. Hy het amper in die graf geval. |
| 39. Watter motor verskyn langs die Fiat? | 39. ’n Wit Mercedes verskyn langs die Fiat. |
| 40. Wat doen Jakkals wanneer hy by die Fiat kom? | 40. Hy trek ’n pistool en skiet na hulle. |
| 41. In watter rigting jaag Jasper met die Fiat? | 41. Jasper jaag in die rigting van Silkaatsnek, op pad Brits toe. |
| 42. Wat stel Abby voor om te doen om hulp te kry? | 42. Sy stel voor dat Jasper haar iewers aflaai sodat sy om hulp kan hardloop. |
| 43. Waarom kan Jasper nie vir Abby aflaai nie? | 43. Hulle kan nie stop nie omdat Jakkals hulle agtervolg en hulle moet aanhou vlug. |
| 44. Wat dink Henri gaan met hulle gebeur? | 44. Henri dink hulle gaan vrek en as die Halloween-moordenaars onthou word. |
| 45. Watter herinnering uit sy kinderjare kom by Henri op tydens die jaagtog? | 45. Hy onthou sy niggie se eerste modeskou, waar hy onverwags as ’n strooimeisie op die loopplank gestap het. |
| 46. Hoe oud was Henri toe hy as ’n strooimeisie op die loopplank gestap het? | 46. Hy was ses jaar oud. |
| 47. Wat het Henri tydens sy hoërskooljare ervaar? | 47. Hy het spot, verwerping en boelies ervaar en probeer om maerder te word deur homself uit te honger en sy vinger in sy keel te steek. |
| 48. Wat doen Henri wanneer hy besef die selfoon neem steeds op? | 48. Hy besluit om die selfoon te gebruik om hulle situasie en die waarheid op video vas te lê. |
| 49. Wat probeer Henri met die video doen nadat hulle op die grondpad is? | 49. Hy probeer die videolêer na sy ma se foon stuur, maar daar is nie opvangs/data nie en dit gaan nie deur nie. |
| 50. Wat gebeur uiteindelik met Daisy? | 50. Jakkals stamp hulle motor; Daisy verloor haar balans, rol oor die grondpad en word verfrommel, terwyl Henri die motor se doodskrete hoor voordat ’n donker tonnel hom insluk. |