Save
Upgrade to remove ads
Busy. Please wait.
Log in with Clever
or

show password
Forgot Password?

Don't have an account?  Sign up 
Sign up using Clever
or

Username is available taken
show password


Make sure to remember your password. If you forget it there is no way for StudyStack to send you a reset link. You would need to create a new account.
Your email address is only used to allow you to reset your password. See our Privacy Policy and Terms of Service.


Already a StudyStack user? Log In

Reset Password
Enter the associated with your account, and we'll email you a link to reset your password.
focusNode
Didn't know it?
click below
 
Knew it?
click below
Don't Know
Remaining cards (0)
Know
0:00
Embed Code - If you would like this activity on your web page, copy the script below and paste it into your web page.

  Normal Size     Small Size show me how

Tuimeltrein

Hoofstuk 4

QuestionAnswer
1. Waarom sukkel Abby op die motorfiets, en hoe verskil sy van Jasper? 1.Abby is bang vir die klipperige afdraande(rocky descents). Jasper is heeltemal(completely) in beheer(control) van die motorfiets.
2. Hoe beskryf Abby die rit met die motorfiets, en waarmee vergelyk sy dit? 2. Sy beskryf dit as erger as ’n roller coaster, soos die Tower of Terror by Gold Reef City.
3. Waar parkeer Jasper die motorfiets by die atletiekklub, en waar gaan sit hulle? 3. Hulle parkeer die motorfiets agter die palissade en sit in die lang gras in ’n donker kol agter die gebou.(building)
4. Waarom laat die gewone aand by die atletiekklub Abby aan haar vorige lewe dink? 4. Dit herinner haar aan hoe sy vroeër ’n normale, probleemvrye lewe gehad het. Nou is sy ’n voortvlugtige sonder huis.
5. Wat onthou Abby van die Tower of Terror, en aan wie dink sy omdat sy nou niemand het om aan vas te hou nie? 5. Sy onthou dat sy tydens haar vorige verjaarsdag saam met haar pa op die Tower of Terror was en sy hand vasgehou het. Nou het sy niemand om aan vas te hou nie.
6. Wat vertel Jasper oor The Beast in Ohio? 6. The Beast is ’n roller coaster in Ohio, Amerika. Jasper het dit saam met sy ouers gery; dit was die vinnigste, hoogste en wildste houtrollercoaster
7. Wat sê Henri oor spoed(Speed), en wat leer Abby oor Jasper se belangstellings?(interests) 7. Henri sê hy is nie gemaak vir spoed nie. Abby leer dat Jasper al in Amerika was en baie van games en spoed hou.
8. Waarom wil Abby eendag oorsee gaan, en hoe wil sy dit bereik? 8. Abby wil eendag oorsee gaan, moontlik deur haar atletiek. Sy wil vir haar pa wys dat sy suksesvol op haar eie kan wees.
9. Waarom hou Abby nie van die atletiekklub se mense nie? 9. Omdat sommige volwassenes die klub vir ander afleidings gebruik en haar pa haar ma bedrieg (cheat) het.
10. Wat het Abby se pa met een van die jonger, ongetroude lede gedoen? 10. Haar pa het dikwels saam met 'n jonger vrou gaan draf, na bewering 'vir haar veiligheid' en om mekaar te motiveer.
11. Wat vertel Abby oor haar ma se lewe en hoe sy haar pa ondersteun het? 11. Haar ma het die huis skoongemaak, twee werke gedoen en voortdurend agter haar pa se nukke aangeloop.
12. Wie is Alet van Deventer, en wat hoor die drie haar oor Abby sê? 12. Alet is ’n meisie van die atletiek- en drafklub. Sy sê Abby is nukkerig, het woedeprobleme en kan moontlik vir Izzie se dood verantwoordelik (responsible) wees.
13. Waarom dink Alet kan Abby vir Izzie se dood verantwoordelik wees? 13. Alet dink Abby kan dit doen omdat sy “stille waters, diepe grond” is en volgens haar baie anger issues het.
14. Watter voorbeeld gee Alet van Abby se gedrag tydens atletiek? 14. Abby het tydens ’n oefening verloor, toe ’n vloermoer gegooi, gerol, geskree, geskop en haar vuiste geslaan. Sy is toe huis toe gedraf.9ran home)
15. Hoe het Abby op Alet se beskuldigings gereageer, en hoe keer Jasper en Henri haar? 15. Abby wil Alet aanval(attack), maar Jasper en Henri keer haar en Jasper kalmeer haar.
16. Wat sê Alet oor Jasper se voorkoms, persoonlikheid en probleme by die skool? 16. Alet sê Jasper is sexy, maar trek nie goed aan nie, was nie altyd sy hare nie, backchat onderwysers en het al ’n seun met die vuis geslaan.
17. Waarom het Jasper ’n ander seun met die vuis geslaan? 17. Jasper het die seun geslaan omdat hy Jasper se IT-taak gesteel en afgeskryf (copy)het.
18. Wat sê Alet oor Henri se voorkoms en hare, en waarmee vergelyk sy hom? 18. Alet sê Henri se blonde hare is uit ’n bottel en vergelyk hom met ’n Sjinese veghoender.
19. Hoe reageer Henri op Alet se opmerkings oor hom? 19.Henri raak kwaad en sê Lady Gaga kan waarskynlik voel dat hy haar naboots. Hy dreig ook grapenderwys om Alet soos 'n woedende veghaan te laat lyk.
20. Waarom begin Abby en Henri lag, en waarmee herinner dit Abby aan haar kinderdae? 20. Abby en Henri begin lag oor Henri se grappies. Dit herinner Abby aan hoe sy en haar sussie as kinders in die kerk gelag het en hulle ma hulle in die binnebene geknyp(pinched) het.
21. Hoe kry die drie toegang tot die atletiekklub nadat almal vertrek het? 21. Jasper breek die palissade oop deur die yster by die voet los te kap. Hulle klouter deur.
22. Waar kry Abby die spaarsleutel van die klubhuis? 22. Abby weet van die sleutel omdat sy voorheen saam met ’n klublid gehelp het om vir ’n funksie reg te maak. Die spaarsleutel is onder ’n klip in ’n potplant.
23. Wat kry hulle in die kombuis om te eet en te drink? 23. Hulle kry vingerhappies, koek en koeldrank in die klubhuis.
24. Wat sê Jasper oor die kos, en watter TV-programme vergelyk hulle hulself mee? 24. Jasper vergelyk dit met Survivor omdat die kos altyd te min is. Abby sê hulle moet die polisie “outwit, outplay and outlast”. Henri verkies RuPaul’s Drag Race en musicals.
25. Wat gebeur wanneer Abby die telefoon in die klubhuis probeer gebruik? 25. Die telefoon is dood. Henri sê Telkom het dit weer gedoen.
26. Waar slaap die drie, en waarom dink Abby is hulle waarskynlik veilig tot Maandag? 26. Jasper slaap op een van die rusbanke, en Abby en Henri ook. Abby dink hulle is veilig omdat die klub waarskynlik eers Maandag ’n skoonmaker sal kry.
27. Wat maak Abby wakker, en wie verskyn in die klubhuis? 27. Abby word wakker van ’n venster wat breek. ’n Groot, gewapende man verskyn in die badkamerdeur.
28. Hoe dwing die gewapende man Abby, Henri en Jasper om stil te bly? 28. Hy wys ’n pistool en bind hulle hande met dik kabeltou aan pale vas.
29. Wat gebeur wanneer Jasper probeer om die gewapende man te slaan? 29. Jasper probeer hom met ’n vuishou slaan. Die man koes en slaan Jasper met die pistool teen sy slaap, waarna hy val en bloei.
30. Waarom is die man by die klubhuis, en wat wil hy steel? 30. Hy soek die groot klubtrofee omdat hy glo sy klub moes gewen het en die atletiekklub dit onregverdig bekom het.
31. Waarom glo die man dat die atletiekklub die groot trofee onregverdig gewen het? 31. Hy beweer die klubvoorsitter het die getalle geknoei en mense omgekoop om by die klub aan te sluit, sodat hulle die marathon kon wen.
32. Hoe probeer die man die groot trofee afhaal, en wat gaan verkeerd? 32. Die man klim op ’n tafel en stoel om die trofee los te kry. Hy verloor sy balans en trek die hele houtmontering met die drie dierkoppe van die muur af.
33. Wat gebeur met die jagtrofeë en die gewapende man? 33. Die impala-, gemsbok- en vlakvarkkoppe val saam met hom. Die gemsbok se horing deurboor sy nek en hy sterf.
34. Hoe kry Jasper die broodmes, en hoe gebruik hy dit? 34. Abby sien ’n broodmes op die kombuiskas. Sy skop dit na Jasper toe; hy gebruik dit om die kabeltou deur te saag en bevry daarna Abby en Henri.
35. Wat ontdek hulle wanneer Abby die flits op die man skyn? 35. Hulle ontdek dat die man dood is, met sy nek deur die gemsbok se horing en bloed oral.
36. Waarom is Abby bekommerd dat die polisie hulle vir die man se dood sal blameer? 36. Abby is bang dat die polisie hulle sal verdink omdat daar hulle hare, vingerafdrukke en Jasper se bloed in die klubhuis is.
37. Watter ooreenkoms sien hulle tussen hierdie lyk en Izzie se lyk? 37. Albei lyke is met bloed bedek. Jasper sê dit is die tweede lyk in een dag.
38. Wat sê Henri oor slegte dinge wat in drieë gebeur? 38. Henri sê sy ma glo slegte dinge gebeur altyd in drieë.
39. Waarom wil Abby dadelik van die klubhuis af weggaan? 39. Abby vrees hulle sal lyk asof hulle op ’n “killing spree” is en dat die polisie die man se dood ook op hulle sal blameer.
40. Hoe probeer Abby die bloed en hulle teenwoordigheid in die klubhuis wegsteek voordat hulle vertrek? 40. Abby was Jasper se gesig, spoel die wasbak uit en gooi water oor die bloed op die vloer. Sy gooi daarna ’n blikkie raspberry Sparletta oor die vloer sodat dit soos rooi koeldrank lyk.
Created by: user-2046694
 

 



Voices

Use these flashcards to help memorize information. Look at the large card and try to recall what is on the other side. Then click the card to flip it. If you knew the answer, click the green Know box. Otherwise, click the red Don't know box.

When you've placed seven or more cards in the Don't know box, click "retry" to try those cards again.

If you've accidentally put the card in the wrong box, just click on the card to take it out of the box.

You can also use your keyboard to move the cards as follows:

If you are logged in to your account, this website will remember which cards you know and don't know so that they are in the same box the next time you log in.

When you need a break, try one of the other activities listed below the flashcards like Matching, Snowman, or Hungry Bug. Although it may feel like you're playing a game, your brain is still making more connections with the information to help you out.

To see how well you know the information, try the Quiz or Test activity.

Pass complete!
"Know" box contains:
Time elapsed:
Retries:
restart all cards