click below
click below
Normal Size Small Size show me how
Tuimeltrein
Hoofstuk 2
| Question | Answer |
|---|---|
| 1. Waarom besef(realise) Jasper dat hulle in groot moeilikheid is? | 1. Omdat meneer Vos hulle valslik van moord beskuldig (falsely accused of murder) het, en almal die skoolhoof eerder as drie tieners sal glo. |
| 2. Waarom kan niemand van die drie die polisie of hul ouers dadelik bel nie? | 2. Abby en Jasper se selfone is in hul tasse, en Henri het syne tydens die vlug verloor. |
| 3. Watter probleem kry Henri terwyl hulle in die boomhuis wegkruip? | 3. Hy kry 'n angsaanval en sukkel om asem te haal. |
| 4. Hoe help Abby vir Henri om sy angsaanval te beheer? | 4. Sy laat hom op sy asemhaling en sy omgewing fokus deur eenvoudige vrae te vra. |
| 5. Watter asemhalingstegniek stel Jasper voor om Henri te help? | 5. Hy moet diep deur sy neus inasem en stadig deur sy mond uitasem. |
| 6. Wat verklap Abby per ongeluk(what does she accidentally reveal ) oor haar gevoelens vir Bartlo Bekker? | 6. Sy erken(admit) dat sy haar ma se Chanel No. 5-parfuum gedra het omdat sy langs Bartlo Bekker sit. |
| 7. Hoe reageer Jasper en Henri toe Abby oor Bartlo praat? | 7. Hulle spot met Bartlo en sê hy is arrogant en nie goed genoeg vir Abby nie. |
| 8. Watter mantra sê Henri om homself te kalmeer? | 8. "Ek is Henri van Leempitte. Ek is spesiaal, sterk, dapper, onoorwinlik, trots reënboogkind. Living out loud is the only way I know how." |
| 9. Waarom glo Abby die polisie sal hulle nie glo nie? | 9. Omdat meneer Vos 'n gerespekteerde skoolhoof is en die polisie hom waarskynlik sal glo. |
| 10. Waarom wonder Henri waarom meneer Vos vir Izzie geskiet het? | 10. Omdat Izzie ongewapen (unarmed) was en geen rede gehad het om geskiet te word nie. |
| 11. Waarom is Henri bang om na Boys Town gestuur te word? | 11. Hy is bang die ander seuns sal hom mishandel en dat hy nie veilig sal wees nie. |
| 12. Wat besluit Jasper om te doen nadat hulle besef niemand gaan hulle maklik glo nie? | 12. Hy besluit om 'n plan te maak om te ontsnap en na sy huis te gaan. |
| 13. Waarom dink Jasper dit is nie 'n goeie idee om polisiestasie toe te gaan nie? | 13. Hy glo die polisie sal eerder die skoolhoof glo en moontlik ook korrup wees. |
| 14. Waarom is Abby bang dat haar ma haar dalk nie sal glo nie? | 14. Omdat sy klas gebunk het en haar ma dalk sal dink sy het beheer verloor (lost control) ná alles wat met haar pa gebeur het. |
| 15. Waarom glo Henri sy pa sal hom nie ondersteun nie? | 15. Sy pa aanvaar nie sy seksuele oriëntasie nie en sal hom waarskynlik dadelik aan die polisie oorhandig. |
| 16. Waarom besluit Jasper om na sy huis toe te gaan? | 16. Om die huistelefoon te gebruik en sy ouers te probeer kontak. |
| 17. Wie gaan saam met Jasper na sy huis? | 17. Abby gaan saam, terwyl Henri in die boomhuis agterbly. |
| 18. Wat sê Jasper vir Henri om te doen as hulle nie terugkeer nie? | 18. Hy moet hom vermom(disguise), oor die grens vlug en 'n nuwe identiteit aanneem. |
| 19. Hoe kry Jasper toegang tot sy huis? | 19. Hy gebruik die spaarsleutel wat onder die tuinkabouter versteek is. |
| 20. Wat sien Abby en Jasper deur die venster nadat hulle in die huis is? | 20. Twee polisiemanne wat aan die voordeur klop en na hulle soek. |
| 21. Waarom druk Jasper vir Abby weg van die venster af? | 21. Sodat die polisiemanne hulle nie deur die venster sien nie. |
| 22. Wie antwoord die telefoon toe Jasper sy ouers probeer bel? | 22. Monica, sy ouers se sekretaresse. |
| 23. Waarom weier(refuse) Monica om Jasper se ouers dadelik te roep? | 23. Sy sê sy ouers is in 'n belangrike vergadering en dat Jasper sy eie probleme moet hanteer. |
| 24. Wat doen Jasper nadat Monica die oproep beëindig? | 24. Hy raak baie kwaad en slaan die telefoon neer. |
| 25. Wie antwoord Abby se oproep na haar ma? | 25. Siena. |
| 26. Wat sê Abby vir haar ma toe sy uiteindelik met haar praat? | 26. Dat haar ma nie vir meneer Vos moet glo nie en dat hulle onskuldig (innocent)is. |
| 27. Wat onderbreek (interrupt) Abby se telefoongesprek met haar ma? | 27. Harde kloppe aan die voordeur laat haar die foon laat val. |
| 28. Waarom hardloop Jasper en Abby na die motorhuis? | 28. Hulle gaan soek 'n manier om uit die huis te ontsnap voordat die polisie inkom. |
| 29. Watter plan maak Jasper om saam met Abby en Henri te ontsnap? | 29. Hy besluit om sy ouers se motorfiets met die sykar te gebruik. |
| 30. Hoe vermom Abby haarself voordat hulle wegjaag? | 30. Sy trek 'n leerbaadjie, leerbroek en 'n valhelm aan en trek haar skoolromp uit. |
| 31. Waar versteek Jasper vir Henri op die motorfiets? | 31. In die sykar onder 'n pers kombers saam met sy T-Rex. |
| 32. Waarom dra Jasper en Abby valhelms? | 32. Om hul gesigte te verberg (hide)sodat hulle nie uitgeken word nie. |
| 33. Hoe kry hulle dit reg om die kompleks te verlaat? | 33. Jasper ry rustig (calmly) by die hek (gate) uit terwyl 'n ambulans die kompleks binnegaan. |
| 34. Wat dink Jasper aan toe die ambulans by die kompleks inry? | 34. Hy onthou Izzie se dood en besef dit is die eerste keer dat hy iemand sien sterf. |
| 35. Waarheen besluit Jasper uiteindelik om te ry nadat hulle ontsnap het? | 35. Hy ry met die R511 in die rigting van die Magaliesberg en stop by 'n grot waar hulle kan wegkruip. |