click below
click below
Normal Size Small Size show me how
Chemies Definisies
| Term | Definition |
|---|---|
| Kookpunt | Die temperatuur waarby die dampdruk van die stof gelyk is aan atmosferiese druk. Hoe sterker die intermolekulêre kragte, hoe hoër die kookpunt. |
| Smeltpunt | Die temperatuur waarby die vaste- en vloeistoffases van 'n stof in ewewig is. Hoe sterker die intermolekulêre kragte, hoe hoër die smeltpunt. |
| Dampdruk | Die druk uitgeoefen deur 'n damp in ewewig met sy vloeistof in 'n geslote sisteem. Hoe sterker die intermolekulêre kragte, hoe laer die dampdruk. |
| Molekulere formule | 'n Chemiese formule wat die element en die aantal atome van elk in 'n molekuul aandui. |
| Struktuurformule | 'n Struktuurformule van 'n verbinding toon aan watter atome in die molekuul aan mekaar gebind is. Atome word voorgestel deur hul chemiese simbole en lyne word gebruik om ALLE bindings wat atome bymekaar hou, aan te toon. |
| Gekondenseerde struktuurformule | Hierdie notasie toon die wyse aan waarop atome aan mekaar gebind is in die molekuul, maar toon NIE ALLE BINDINGSLYNE NIE. |
| Koolwaterstof | Organiese verbindings wat slegs uit waterstof en koolstof bestaan |
| Homoloe reeks | n Reeks organiese verbindings wat deur dieselfde algemene formule beskryf kan word. |
| Versadigde verbindings | Verbindings waarin daar geen meervoudige bindings tussen C-atome in hul koolwaterstofkettings is nie |
| Onversadigde verbindings | Verbindings waarin een of meer meervoudige bindings tussen C-atome in hul koolwaterstofkettings voorkom |
| Funksionele groep | 'n Binding of 'n atoom of 'n groep atome wat die fisiese en chemiese eienskappe van 'n groep organiese verbindings bepaal |
| Struktuurisomeer | Organiese molekule met dieselfde molekulêre formule, maar verskillende struktuurformules |
| Kettingisomere | Dieselfde molekulêre formule, maar verskillende tipes kettings, bv. butaan en 2-metielpropaan |
| Posisionele isomere | Dieselfde molekulêre formule, maar verskillende posisies van die syketting, substituente of funksionele groepe op die stamketting |
| Funksionele isomere | Dieselfde molekulêre formule, maar verskillende funksionele groepe, bv. metielmetanoaat en etanoësuur. |
| Hidrohalogenering | Die addisie van 'n waterstofhalied aan 'n alkeen |
| Halogenering | Die reaksie van 'n halogeen (Br2, Cℓ2) met 'n verbinding |
| Hidrasie | Die addisie van water aan 'n verbinding |
| Hidrogenering | Die addisie van waterstof aan 'n alkeen |
| Dehidrohalogenering van haloalkane | Die eliminasie van waterstof en 'n halogeen uit 'n haloalkaan |
| Dehidrasie van alkohole | Eliminasie van water uit 'n alkohol |
| Kraking van alkane | Die chemiese proses waarin langer kettingkoolwaterstof-molekule afgebreek word in korter, meer bruikbare, molekule |
| Hidrolise van haloalkane | Die reaksie van 'n verbinding met water |
| Eksotermiese reasies | reaksies wat energie vrystel. |
| Endotermiese reaksies | reaksies wat energie absorbeer. |
| Aktiveringsenergie | die minimum energie benodig vir 'n reaksie om plaas te vind. |
| Geaktiveerde kompeks | die onstabiele oorgangstoestand van reaktante na produkte. |
| Reaksietempo | die verandering in konsentrasie van reaktante of produkte per eenheid tyd. |
| Katalisator | 'n stof wat die tempo van 'n chemiese reaksie verhoog sonder om self 'n permanente verandering te ondergaan. |
| Oop en geslote sisteme | 'n Oop sisteem het voortdurende interaksie met sy omgewing, terwyl 'n geslote sisteem geïsoleer is van sy omgewing. |
| Omkeerbare reaksie | 'n Reaksie is omkeerbaar wanneer produkte terug na reaktanse, en omgekeerd, omgeskakel kan word. |
| Chemiese ewewig | Dit is 'n dinamiese ewewig wanneer die tempo van die voorwaartse reaksie gelyk is aan die tempo van die terugwaartse reaksie. |
| Le Chantelier se beginsel | Wanneer die ewewig in 'n geslote sisteem versteur word, stel die sisteem 'n nuwe ewewig in deur die reaksie wat die versteuring teenwerk, te bevoordeel. |
| Arrhenius-teorie | 'n Suur is 'n stof wat waterstofione (H+)/hidroniumione (H3O+) vorm wanneer dit in water oplos. 'n Basis is 'n stof wat hidroksiedione (OH-) vorm wanneer dit in water oplos. |
| Lowry-Bronsted-teorie | 'n Suur is 'n protonskenker (H+-ioon-skenker). 'n Basis is 'n proton-ontvanger (H+-ioon-ontvanger). |
| Sterk sure | Sterk sure ioniseer volledig in water om 'n hoë konsentrasie H3O+-ione te vorm. |
| Swak sure | Swak sure ioniseer onvolledig in water om 'n lae konsentrasie H3O+-ione te vorm. |
| Sterk basisse | Sterk basisse dissosieer volledig in water om 'n hoë konsentrasie OH--ione te vorm. |
| Swak basisse | Swak basisse dissosieer/ioniseer onvolledig in water om 'n lae konsentrasie OH--ione te vorm. |
| Gekonsentreerde Sure/Basisse | Gekonsentreerde sure/basisse bevat 'n groot hoeveelheid (getal mol) suur/basis in verhouding met die volume water. |
| Verdunde Sure/Basisse | Verdunde sure/basisse bevat 'n klein hoeveelheid (getal mol) suur/basis in verhouding met die volume water. |
| Hidrolise | die reaksie van 'n sout met water. |
| Ekwivalente punt van n titrasie | die punt waar die suur/basis volledig met die basis/suur gereageer het. |
| Eindpunt van n titrasie | die punt waar die indikator van kleur verander |
| Kw | die ewewigskonstante vir die ionisasie van water of die ioonproduk van water of ionisasiekonstante van water, dus Kw = [H3O+][OH-] = 1 x 1014 by 298 K. |
| Outo-ionisasie van water | die reaksie van water met water om H3O+-ione en OH--ione te vorm. |
| Galvaniese sel | 'n sel waarin chemiese energie omgeskakel word na elektriese energie. |
| Oksidasie en reduksie in terme van elektrone-oordrag | Oksidasie is 'n verlies aan elektrone. Reduksie is 'n wins aan elektrone. |
| Oksidasie | 'n toename in oksidasiegetal |
| Reduksie | 'n afname in oksidasiegetal |
| Oksideermiddel | 'n stof wat gereduseer word/elektrone opneem |
| Reduseermiddel | 'n stof wat geoksideer word/elektrone verloor |
| Anode | die elektrode waar oksidasie plaasvind |
| Katode | die elektrode waar reduksie plaasvind |
| Elektroliet | n stof waarvan die oplossing in water ione bevat |
| Elektriese sel | 'n sel waarin elektriese energie omgeskakel word na chemiese energie. |
| Elektrolise | Die chemiese proses waarin elektriese energie omgeskakel word na chemiese energie |