click below
click below
Normal Size Small Size show me how
27 April 1994
gedig
| Question | Answer |
|---|---|
| Tema | alle mense ongeag ras of kleur is na die beeld van God geskape |
| Boodskap | eerste demokratiese verkiesing het groot impak op lewens gehad; almal moet vergeet van verlede en as verenigde front op toekoms fokus |
| Toon | Blymoedig/opgewonde |
| Digvorm | vrye vers - beklemtoon dat spreker vry is gebind deur v-alliterasie Wisseling in versreëllengte Geen vaste rympatroon nie Geen hoofletters of leestekens |
| Titel | datum van eerste demokratiese verkiesing in SA gee dadelik aanduiding van waaroor gedig gaan |
| "uiteindelik" r1 | voorplasing: dui op feit dat spreker al lank wag vir die oomblik, met vou van stembrief word verlede en apartheid afgesluit |
| v-alliterasie r1-2 | bind beelde klankmatig en dui op einde van apartheid, hef idee van vrede uit |
| "veilig" r3 | stembrief beweeg sonder hindernisse en bedreigings |
| g-alliterasie r3 | beklemtoon verlede van wrywing en konflik verkiesing gaan probleme van gesk regstel |
| "en anderkant" r4 | anderkant van stembrief neem spreker na beter toekoms korter versreek beklemtoon mense wat voorheen onder druk was |
| "wonderbaarlik" r5 | alleenplasing beklemtoon woord wat ongelooflike emosie van blydskap versterk |
| "vry" r6 | alleenplasing beklemtoon om vry te wees is vir spreker belangrik |
| "duif van vrede" r7 | metafoor: stembrief word direk gelyk gestel aan duif wat simbool van vrede is en skakel met r2 |
| v-alliterasie r7 | versterk beeld klankmatig en beklemtoon strede na vrede en goedhartigheid onder alle mense |
| "my nuutgebore stem" r8 letterlik | stem van stembrief |
| "my nuutgebore stem" r8 figuurlik | spreker se reg om vir eerste keer gehoor te word |
| "smag" r8 | spreker se sterk begeerte om uitdrukking te gee aan nuutgevonde vryheid |
| "lied vir my land soos n vlag" r9-10 | vergelyking: 2 nasionale simbole word uitgebeeld; nuwe volkslied en nuwe landsvlag waarop spreker waarlik trots is |
| "aan die tong te laat sweef" r10 | spreker wil met passie en woorde mense positief beinvloed |
| "sweef" r10 | sluit aan by langdurigheid van strewe sluit aan by "duif" |
| L-alliterasie r9-10 | beklemtoon spreker se vreugde |
| "val van skanse van die vel" r11 | metafoor: apartheidswette gelyk gestel aan sterk muur van beskerming |
| "geruislose" r11 | vrywordingsproses gebeur vinnig en kan amper onopgemerk verby gaan |
| v-alliterasie r11 | beklemtoon val van daardie wette |
| v-alliterasie r12 | beklemtoon weer gevoel van vrywees van stelsel wat mense van mekaar vervreem het |
| e-assonasie r12 | dra by tot gevoel van blydskap apartheid het mense geskei en vervreem, nou kan mense mekaar weer vind sonder om vervolg te word |
| "vergetenes en langverlorenes" r13 | spreker verwys na mense wat in die stryd teen apartheid gesterf het of na die wat dalk land verlaat het |
| "uiteindelik" r14 | herhaling en voorplasing: beklemtoon hoe lank spreker vir n oomblik moes wag |
| "myself te kan sien" r14 | spreker kan eie identiteit vorm. die onderdrukking het geleenthede en menswaardigheid weerhou |
| "wat ek nooi geken het nie" r15 | brei uit op spreker wat nuwe aspekte van homself kan ontdek, omdat hy voorheen nie sy volle potensiaal kon uitleef nie |
| "hand te gee" r16 | apartheid het altyd verhoudings oor kleurgrens verbied; nou is dit moontlik op fisiese en emosionele vlak. spreker ryk n hand van vriendskap uit |
| v-alliterasie r17 | brei uit op feit dat mense fisies met mekaar in aanraking kan kom sonder vrees vir vervolging |
| e-assonansie r17 | hef die wisselvorm van vlees uit en verwys na mense. dit gaan dieper deur idee dat almal mense is en dat geen wet mens bo n ander kan stel nie. dit verteenwoordig die ontmoeting tussen verskillende rasse |
| "want"r 18 | die rede gewende woord verklaar hoekom die spreker voel soos hy voel en werp lig op sy voorafgaande standpunte. na "want" gee hy redes vir sy spesifieke emosies |
| "deur die eeue" r18 | sedert begin van mens en lewe is verdeeltheid n menslike tendens - dis nie wat God vir ons beplan het nie |
| "loop" r19-21 | herhaling (retoriese middel): vooruitgang van land is slegs moontlik as almal saamstaan om SA en mensdom te verbeter |
| "deur my": "deur jou" r21 | sluit almal van SA in, ons is nie meer geskei nie, maar word nou een |
| "Genesis tot nou" r22 | enigste woord met hoofletter geld van begin tot in alle ewigheid |
| “vou ek die verlede toe” r1 | metafoor: verlede word gelykgestel aan die stembrief wat toegevou word om in die stembus gegooi te word. |
| “knyp sy vlerk tussen duim en vinger vas” r2 | metafoor: stembriefie gelykgestel aan `n duif wat sy vlerke sprei |
| "glip" r3 | personifikasie: stembrief word gepersonifiseer aangesien dit `n tipiese menslike reaksie is. |
| enjambement | Dra by tot vloeiendheid van gedig wat aansluit met idee van vooruitgang van Suid-Afrika. Enjambement en halfrym dien as bindmiddels om die gedig tot `n eenheid te bind |
| benoem en verduidelik beeldspraak in strofe 1 | metafoor - stembrief as "duif van vrede" gesien |
| waarom plaas die spreker die woorde "wonderbaarlik" en "vry" alleen in n versreel? | alleenplasing beklemtoon hoe goed dit is om nou vry te wees |
| herlees strofe 1 en 5. by watter woord in strofe 5 sluit "uiteindelik" (s1) aan | "nou" |
| met watter proses is die spreker volgens reel 1 tot 3 besig? | spreker neem deel aan verkiesing |
| in r13 praat digter van 2 groepe mense. noem die groepe | "vergetenes" - die wat gesterf het "langverlorenes" - die wat land verlaat het |
| hoe word die spreker se vryheid in S1 tipografies beklemtoon? | alleenplasing van "vry" |
| benoem die halfrym in S2. waarom is dit funksioneel | v-alliterasie beklemtoon die verwydering van die skanse |
| watter retoriese (verstegniese) middel wend die spreker aan om die begrippe "vrede" en "vlerke" te koppel? | - herhaling van v-klank - alliterasie - v-alliterasie |
| wat is funksie van enjambemente in die gedig? | - dra by tot vloeiendheid van gedig - dien as bindingsmiddel - stel vryheid voor - suggereer beweging |
| haal frase uit gedig aan wat by tema van versoening aansluit | - "om aan hulle die hand te gee" - "duif van vrede" |
| waarom is daar verwysing na "Genesis" in gedig? | - almal is afstammelinge van Adam en Eva - van die begin tot nou |
| wat is die oorheersende toon van die gedig? | opgewondeheid |
| Dink jy die spreker sal tevrede wees met die huidige toestand van die nuwe SA? motiveer | Ja mense het dieselfde regte sonder diskriminasie |
| alhoewel dit n vrye vers is, kom daar rym voor. gee 2 voorbeelde | "vry" en "sprei" r6 en 7 "jou" en "nou" r21 en 22 |
| bespreek funksionaliteit van die rym | beklemtoon vryheid wat spreker ervaar en hy leef nou, nie in die toekoms |
| waaruit kan ons aflei dat taal belangrik is vir spreker | spreker wil lied sing/ skryf |
| hoe voel spreker op hierdie dag | opgewonde en bly |
| wat word onderskeidelik afgebreek en opgebou op hierdie dag | grense van apartheid, konflik van verlede en ongelykheid tussen rasse word afgebreek nuwe verhoudings met alle mense ongeag ras word opgebou |
| Wat is die stemming in versreëls 1 tot 7? Noem TWEE maniere waarop hierdie stemming geskep word. | opgewondenheid/ bly gebruik van "uiteindelik" alleenplasing van "vry" gebruik van v-alliterasie wat "vry" en "vrede" beklemtoon |
| Benoem en verduidelik die beeldspraak in versreël 11. | metafoor: daar is nie meer skeiding op grond van velkleur nie |
| Watter progressie word met die herhaling van die woord "vry" in versreël 12 bewerkstellig? | in r6 dui "vry" op geleentheid om te stem terwyl "vry" in r12 op spreker se vordering in die gedagte dat hy as mens vry is, dui |
| Waarom is die gebruik van die koepletvorm in r16 en 17 gepas? | versterk gedagte van 2 partye wat verenig (2 hande by ontmoeting betrokke) |
| Tot watter TWEE insigte kom die spreker in die slotstrofe? | - velkleur veroorsaak nie onderskeid tussen mense in hul diepste wese nie - alle mense is reeds van begin af tot nou aan mekaar verbind |