click below
click below
Normal Size Small Size show me how
vroue van vermeer
gedig
| Question | Answer |
|---|---|
| tema | die mens is n individu wat ook altyd onlosmaaklik aan die heelal verbind is. die bevryding van die vrou. vroue het ook n volwaardige bestaansreg in die wereld |
| stemming | rustige atmosfeer met enkele uitsonderings |
| boodskap | n vrou moet haar plek in die wereld kan inneem |
| titel | • beeldgedig - gedig wat geïnspireer is deur ’n werk in die beeldende kuns • verwys na verskillende vrouefigure in skilderye • sonder "die" kan ook verwys na lot van vrouens in 17de eeu •metonimia: vroue waarna verwys is onderwerp in talle skilderye |
| "dit" r1 | ipv "hulle" bevestig hy vrouens is nie huwelikmaats nie, maar skilderye |
| "meestal" r 1-2 | herhaling en voorplasing: gaan nie net oor 1 skildery nie, maar oor almal. gewoonlik jonk en mooi - tipies 17de eeu meisies |
| 17de eeu meisies | jonk, vlekkeloos en onderdanig |
| "alleen" en "binnenshuis" r2 | suggereer rol en plek v vrou in Holland se goue eeu ingeperk en afgesonder |
| "veraf brief" r3 | iets van buite betrek idee v universele in r23 kontras: haar eggenoot is buite grense van waar sy is hy is moontlik op 1 van plekke op kaart r8 |
| "naby" r4 | uitgehef deur kommas voorplasing en direkte kontras met "veraf" |
| "gloeiende" r4 | verwys na lig v buite en vrou se hand is belig sodat gloei en sigbaar is |
| "gloeiende klein hand" r4 | metafoor: gloeiende kan figuurlik verwys na warmte wat vrou se hand uitstraal beskrywing van vrou in r1 ondersteun deur verwysing na klein hand . geen eelderige vet hande soos in latere skilderye van Van Gogh |
| "oop venster" r5-6 | agv rym word dit oor 2 reels geskryf en uitgelug lig wat vrou verlig kom vanuit oop/geslote venster. posisie voor oop venster kan dui op smagting na bevryding van hul beperkende bestaan (assonansie) na die brief, is venster 2de kanaal na buitewereld |
| "ligte geruis" r6 | sinestesie (hoor en sien) verwys na wind en see klanknabootsing wat geluid v see en wind betrek (verwys na seevaarders). nie moontlik om geruis in skildery te hoor nie |
| r7-11 | betrek Nederland se seevaarders wat in 17de eeu wereld deurkruis met moontlike doel v ekonomiese welvaart agv nuwe handelsmoontlikhede betrek buitewereld in teenstelling met geslote en beknopte binnewereld waarin vrou vasgevang is |
| "wereldkaart" r8 | metafoor: vir seevaart van die land kaart veryws ook na Nederlandse nuuskierigheid om wereld te verken |
| intertekstualiteit | digter betrek skilderkuns van Johannes Vermeer. digter probeer om visuele kunswerk in woorde te herskep of raak te beskryf. poog om oorspronklike kunswerk te oortref, deur dit te interpreteer, ekstra inligting oor kunswerk aanbied. |
| "staan", "sit", "buk oor kant", "droom", "sluimer", "loer oor haar skouer" r12-18 | verwys na verskeie alledaagse take van vrou |
| stereotipering van "binnenshuis" r2 | die stereotipe dat die vrou se plek in die huis is |
| sinekdogee van "sy" r2 | verwys eintlik na al die vroue wat Vermeer geskilder het. Die enkelvoudsvorm word gebruik om na die geheel (al die vroue in sy skilderye) te verwys. |
| “lig wat in vlokkies of korrels brand/ of dof kaats” r14-15 | verwys na die skilder van lig wat lyk soos vlokkies of korrels wat brand in die skilderwerk van Vermeer, kenmerkend van sy skilderwerk. Dit belig sekere dele van die donker binneruimte. |
| "vlokkies" en "korrels" r15 | metafoor: vir die ligte spatseltjies verf wat in sy skilderye aangebring is. om die illusie te skep dat die voorwerpe in sy skilderye glinster |
| polisindeton r16 | Herhaling van die voegwoord, of: reël 15, 16,17 en 18. |
| "ivoor maak" r17 | metafoor: lig wat ruimte instroom, die room wit of beige wynhouer van keramiek ivoorkleurig te laat voorkom |
| "spieël, wynhouer, ivoor maak" r16-17 | veryws na spesifieke uitbeeldings in skilderye |
| komma r17 | skei die handelinge (aksies) van die vroue |
| "of sy loer oor haar skouer en dra ʼn sonnende pêrel teen haar nek se skadu" r18-20 | verwys na ʼn spesifieke skildery waar die fokus op die verligte pêreloorbel van die vrou wat helder verlig is, val. Kontras tussen “sonnende” en “skadu” |
| metafoor "sonnende perel" | pêrel-oorbel direk aan die skitterende son gelykgestel (die pêrel-oorbel skitter soos die son) |
| sinekdogee “ʼn sonnende pêrel”. | verwys nie net na ʼn enkele blink pêrel nie, maar verwys ook na stel oorbelle en string krale. |
| "lig wat afstraal" r20 (akuut) | kenmerkende skildertegniek - die lig vanaf buite wat van bo na onder die vertrek binneval en dan sekere fokuspunte verlig |
| herhaling "in" r21 | beklemtoon die binnedring van die geslote ruimte deur die lig van buite |
| akuut "in" r21 | dui diep indringing van die lig aan |
| simbool: “universum”, die ”onmeetlike” | betrek idee van Nederlandse vroue wat wag vir tyding v hul afwesige geliefdes, wat v hulle af weg is. wanneer vroue dan tyding(nuus) kry – soos vrou met brief – kom iets v heelal hulle geslote ruimte binne en kan hul weer “asemhaal”. |
| simbool: ”altyd is daar lig” | lig word lewegewende element wat self die enkele vrouefiguur in die skildery verbind met die groter heelal. lig gee ook hoop aan vroue wat vas is in vervelige daaglikse roetine en bestaan, aangesien dit hulle lok na buitewereld |
| op watter 2 maniere kan titel van gedig verklaar word | 1 - kan verwys na verskillende vrouefigure in Vermeer se skilderye 2 - sonder lidwoord "die" kan ook verwys na lot van vrouens in 17de eeu |
| herskryf "dit" in r1 in eie woorde. betekenis moet dieselfde bly | die vroue is meestal mooi en jonk |
| "wereld" r7-8 het 2 verskillende betekenisse | 7 - ruimtes ander kant die onmiddellike grense v haar bestaan en als wat onekend is v haar 8 - alle kontinente en lande, oseane ingesluit |
| sin 1, 2, 4 vertel direk v vroue - wie, waar en wat sin 3 en 5 doen nie. wat gee hierdie twee sinne by implikasie van die vroue te kenne? | 3 - die vrou is afgesluit van wereld buite haar huis 5 - vrou is nie so alleen en afgesonder nie - daar is Godelike teenwoordigheid wat aan haar en hele omgewing lewe gee |
| hoe interpreteer jy die beeldspraak as die klein aardse geslote stilte in die slotsin begin asemhaal | die skilderye word lewendig |
| vermeer se skilderye en digter se sinopsis van oeuvre teken duidelike prentjie van rol, plek en lot v welgestelde vrou in 17de eeu. hoe het daardie prentjie v die welgestelde vrou die afgelope 350 jaar verander? hoe het prent dieselfde gebly? | -vrou se plek was by die huis, maar het verander t.o.v werk -word steeds v vroue verwag om nie te werk en huisvrou te wees i.p.v werk |