click below
click below
Normal Size Small Size show me how
GESK Gr4 Kw4
| Question | Answer |
|---|---|
| Posstelsel | 'n manier om pos van een plek na 'n ander te stuur |
| Pos | Briewe en pakkies wat per pos van een plek na 'n ander gestuur word |
| Draadloos | sonder drade, 'n ander woord vir 'n radio |
| Nobelprys | 'n groot prys vir mense wat iets spesiaals doen om baie mense in die wereld te help |
| Hoekom word 'n radio 'n draadloos genoem? | Omdat dit radioseine stuur (wat radiogolwe genoem word) sonder om drade te gebruik |
| Wat het Mnr Marconi gewen | Die nobelprys vir Fisika |
| Toetsbord | 'n stel toetse op 'n tikmasjien |
| Vasslaan | vassit |
| Toets | Een van verskeie knoppies met letters op 'n tikmasjien waarmee 'n letter van die alfabet getik word |
| Wats is die QWERTY toetsbord | Dit is die tikmasjien se toetsbord waar die eerste letters boaan die linkerkant van die toetsbord begin met die letters Q,W,E,R,T,Y |
| Waar of onwaar: 'n radio word soms 'n draadloos genoem omdat dit radioseine stuur | Waar |
| Waar of onwaar:'n Tikmasjien word vandag nog gebruik saam met modern rekenaartoetsborde | Onwaar, 'n rekenaar word gebruik gebruik saam met ou tikmasjien toetsborde |
| Benoem die 2 dinge waarna mense op die radio kan luister | Musiek en geselsprogramme |
| Waar of onwaar: Die nobelprys is 'n prys wat enige persoon kan wen | Onwaar, 'n net mense wat iets spesiaals doen om die wereld te help kan dit wen |
| Waar of onwaar: Moderne rekenaars gebruik steeds dieselfde toetsbord as die eerste tikmasjiene | Waar |
| Watter nuwe kommunikasiemiddel is ongeveer 100 jaar gelede uitgevind? | Die radio |
| Waarvoor word foto’s gebruik? | Om ons geskiedenis en ons daaglikse lewe aan te teken |
| Wat gebruik moderne rekenaars van vandag wat dieselfde as ʼn tikmasjien is? | Dieselfde toetsbord as die eerste tikmasjien |
| Waarvoor het mense die telegraaf lank gelede gebruik? | Om boodskappe van een plek na ʼn ander te stuur |
| Wie het tot die uitvinding van die radio bygedra? | Baie mense – ʼn man met die naam van mnr. Marconi (word meeste onthou) |
| Wat kon nie maklik met die eerste kamera gedoen word nie? | Dit was nie maklik om dit rond te dra nie |
| Wie het die telegraaf uitgevind? | Samuel Morse |
| Wat is al duisende jare ʼn belangrike manier vir mense om te kommunikeer? | Die posstelsel |
| Wat kon gewone mense jare gelede in hulle huise doen met ‘n radio? | Na programme luister |
| Wat doen miljoene mense dwarsdeur die wêreld deesdae met die radio? | Luister na musiek en geselsprogramme op die radio |
| Wat het George Eastman ontdek? | ʼn Klein bokskamera wat die Kodak genoem is |
| Hoe word daar op ʼn tikmasjien gewerk? | Met die hand op ʼn tikmasjien deur ʼn geskrewe boodskap, een letter op ʼn slag, te tik |
| Wat het die telegraaf uitgestuur? | ʼn Boodskap met seine in ʼn spesiale kodetaal |
| Wat is ‘n posstelsel? | ‘n Manier om pos van een plek na ‘n ander te stuur |
| Waarin het Marconi belang gestel as ʼn jong seun? | Wetenskap |
| Wat beteken “Kodak”? | Dit was ʼn woord wat George Eastman opgemaak het |
| Wat is netjieser as om met die hand te skryf? | Tikwerk |
| Wat het die kodetaal van die telegraaf gebruik? | Kolletjies en strepies |
| Waarvoor het Marconi die Nobelprys ontvang? | Vir Fisika, vir al die werk wat hy met die radio gedoen het |
| Watter tipe woord wou George Eastman vir die bokskamera hê? | ʼn Woord wat kort, eenvoudig en interessant was, en in alle tale uitgespreek kon word |
| Wat beteken uitspreek? | Om ‘n woord reg te sê |
| Wat het die toetsbord van die eerste tikmasjien op gehad? | Die hele alfabet, op lang, dik metaalstukke uitgekerf |
| Waarom word ʼn radio soms ʼn “draadloos” genoem? | Omdat dit radioseine uitstuur, wat radiogolwe genoem word, sonder om drade te gebruik |
| Wat is pos? | Briewe en pakkies wat per pos van een plek na ‘n ander gestuur word |
| Waarvoor is ʼn telefoon gebruik? | Om klanke deur elektriese drade te kommunikeer |
| Wat het die eerste kameras gebruik om foto’s te neem? | ʼn Film |
| Wat het elke kombinasie van kolletjies en strepies van die telegraaf voorgestel? | Een letter van die alfabet |
| Wat het baie verander sedert die eerste keer wat die telefoon uitgevind is? | Telefoon‐tegnologie |
| Wat beteken draadloos? | Sonder drade |
| Wat is in die kamera geplaas om foto’s te neem? | ʼn Filmrol |
| Wat het gebeur toe die letters in alfabetiese volgorde geplaas is op die tikmasjien? | Die metaalstroke het in die tikmasjien vasgeslaan as die persoon te vinnig getik het |
| Wat is die telegraaf kode genoem? | Morsekode |
| Wie was lank gelede jare lank weg van die huis af? | Die bemanning van skepe |
| Hoe word ʼn lyn telefoon gemaak? | *Deur blikkies aan ʼn lang stuk lyn vas te maak * Blikkies is soos groot ore wat stemklanke uit lug vasvang |
| Wat beteken vasslaan? | Vassit |
| Wat is gedoen om die probleem met die metaalstroke wat aan mekaar vasgesit het op die tikmasjien op te los? | Die letters word nie in alfabetiese volgorde geplaas nie |
| Wat is gedoen met die letters wat baie in tikwerk gebruik word? | Hulle is weg van mekaar af geplaas en op die toetsbord uitgesprei |
| Wat is ‘n kode? | ‘n Stel simbole wat gebruik is om te kommunikeer |
| Wat was onmoontlik vir die bemanning van skepe? | Om te kommunikeer met hulle gesinne |
| Waarmee begin die eerste letters van die toetsbord? | Met Q, W, E, R, T en Y |
| As wat staan die sleutelbord QWERTY bekend? | As die “QWERTY” – toetsbord |
| Wie moes die kode taal van die telegraaf ken? | Beide sender en ontvanger |
| Wat het mense op die skepe soms gedoen om met hul gesinne te kommunikeer? | Briewe onder posklippe by ʼn hawe gesit |
| Hoekom laat die stem die lyn vibreer? | Sodat die klankgolwe van een punt na die ander punt van die lyn beweeg |
| Wat het die sender van die telegraaf ingetik? | Kolletjies en strepies |
| Wat het die afsender van die briewe onder die klip gehoop? | Dat die bemanning van ʼn ander skip die brief sou kry en by sy huis sou aflewer |
| Wat beteken vibreer? | Beweeg op en af |
| Wat is ‘n sender? | Persoon wat die boodskap stuur |
| Noem die 3 goed wat op die posklippe uitgekerf is? | *Die datum *Die naam van die skip *Die naam van die afsender |
| Aan wie is die telegraaf sein gestuur? | ʼn Ontvanger wat ʼn papier afdruk met verhewe kolletjies en strepies |
| Waarheen kan mense vandag pos stuur? | Amper enige plek in die wêreld |
| Wie het die televisie ontdek? | Dit is nie deur een uitvinder ontdek nie |
| Hoe het die eerste rekenaars gelyk? | Hulle was baie groot |
| Deur wie is die eerste rekenaars gebruik? | Deur mense wat vir universiteite en regerings gewerk het |
| Waardeur stuur ʼn telefoon klanke? | Deur elektriese drade |
| Hoe het rekenaars verander? | Hulle het kleiner geword Hulle het makliker geword om te gebruik |
| Waartoe stel die televisie ons in staat? | Om klank te hoor en bewegende prente op ʼn klein skermpie te sien |
| Wat kon gewone mense met rekenaars doen? | Persoonlike rekenaars koop en in hulle huise, by skole en by die werk gebruik |
| Wie het telefone vir almal se gebruik ontwikkel? | Alexander Graham Bell – na jare se eksperimentering |
| Waarom was die eerste mense wat televisie gekyk het verstom? | Om bewegende prente op die skerm te sien |
| Wat is ‘n persoonlike rekenaar? | ‘n Klein rekenaartjie wat maklik by die huis, werk of skool gebruik kan word |
| Hoe het die telefoon gewerk? | Die klanke was sag en kon net gehoor word as die mond naby die mondstuk en die oor naby die gehoorstuk was |
| Wat het die ontdekking van die televisie beteken? | Dat die wêreld se grootste prestasies regstreeks (direk) uitgesaai kon word |
| Wat word ‘n persoonlike rekenaar ook genoem? | PR of PC |
| Wie is een van die bekendste mense van die rekenaarrevolusie? | Bill Gates |
| Wat is ʼn revolusie? | ʼn Groot verandering |
| Waarmee het Bill Gates begin werk? | Met rekenaars toe hy op skool was – het sy vrye tyd gebruik om beter rekenaars te maak |
| Wat beteken uitsaai? | ‘n Boodskap wat deur radio of televisie gekommunikeer word |
| Waarvan was Bill Gates die stigter? | Van ʼn rekenaarmaatskappy wat Microsoft genoem word |
| Wat stel rekenaars in staat om inligting te deel? | Die Internet |
| Waarna het miljoene mense in 1969 op die TV. gekyk? | Hoe die eerste mense op die maan geland het |
| Watter land het in daardie dae (1969) nie televisie gehad nie? | Suid‐Afrika |
| Hoe het die meeste Suid‐Afrikaners van die gebeure gehoor van die maan landing in 1969? | Oor die radio (luister) of die volgende dag in die koerante te lees |